Oupa se plan

Die ontvanger besluit om *n oudit op Oupa te doen en dagvaar hom om die belastingkantoor te besoek.  Die ouditeur was glad nie verras toe Oupa se prokureur hom vergesel nie.

Die ouditeur sê, *Wel meneer, u het ‘n uitspattige lewenstyl en geen voltydse betrekking nie, wat u verklaar deur te beweer u wen baie geld met dobbel. Die belastingkantoor vind dit nie geloofwaardig nie.*

*Ek is ‘n goeie dobbelaar en ek kan dit bewys* sê Oupa. *Wat van ‘n demonstrasie?*

Huiwerig sê die ouditeur, *Nou maar goed.*

Oupa sê, *Ek wed jou ‘n duisend Rand ek kan my eie oog byt.*

Die ouditeur dink ‘n oomblik. *Dis ‘n weddenskap.*

Oupa haal sy glasoog uit en byt dit, tot onsteltenis van die ouditeur.

*Nou wed ek jou twee duisend Rand ek kan my ander oog ook byt.*

Die ouditeur kan sien Oupa is nie blind nie, so hy neem die weddenskap.

Oupa haal sy valstande uit en byt sy ander oog.

Die verstomde ouditeur besef hy het pas drie duisend Rand verloor met Oupa se prokureur as getuie, en hy raak senuagtig.

*Wat van dubbel of niks?* vra Oupa. *Ek wed jou ses duisend Rand dat ek dié kant van jou lessenaar kan staan en in die snippermandjie aan die anderkant kan piepie sonder om ‘n druppel tussenin te mors.*

Die ouditeur is nou baie versigtig, maar hy bekyk die ou man en besluit daar is nie ‘n manier wat hy so iets gaan regkry nie, en hy stem in.

Oupa gaan staan langs die lessenaar, kreun en steun van inspanning maar hy kan nie die straal oor die lessenaar kry nie en piepie die hele lessenaar papnat.

Die ouditeur spring van blydskap toe hy besef hy het ‘n verlies in
‘n reuse wins omskep.

Oupa se prokureur laat sak sy kop al kermend in sy hande.

*Is alles reg?* vra die ouditeur.

*Nee* sê die prokureur, *vanoggend het Oupa vir my gesê hy is gedagvaar vir ‘n oudit, en toe wed hy my vyf en twintig duisend Rand hy sal jou hele lessenaar nat pie en jy sal verheug wees daaroor!*

Een Reaksie to “Oupa se plan”

  1. Flintie Says:

    BWAHAHAHAHAHAHA!!!!!

    OooooOOOOooo, Lieka lag ekke nou skoertjie, djy moet skrief nê, want lag is min dies se dae. Jy maak my dag mooi. Dankie :)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.